REËLS

RULES OF ENGAGEMENT.

Ek hou so van dié US Army-begrip. So ʼn polities korrekte verontskuldiging voordat jy die kak uit die vyand skiet. Dis ook hier op die blok van toepassing.

Kyk, ek is nou nie ʼn reël ou nie, en die blok is nie ʼn inskrywing vir die Afrikaanse Taalfees of Kumbaja kompetisie nie. Ewemin, moet nie dat die naam jou misly nie. Dit is dit nie n platform om vulgere goed kwyt te raak (so ʼn pos sal nooit die lig sien nie). Ons gedra onsself nie soos n spul Babsfontein se takhare nie. Kyk, hier het ons darem nog so bietjie styl. Ons volksmond, soos ons die taal praat in die allerdaagse wereld is soms so komieklik. Jy kan dit nie in eninge ander taal skryf nie. Ek weet dit klink anders as mens dit  so skryf. So verskoon maar die nou en dan se kroes-heid s’blief 

Die ander reël is die Hi-Noon reel: Dié een waar die twee kwaad-vir-mekaar Cowboys in die middle van ʼn stowwerige straat na mekaar toe loop- in die oopte; die
hand op die “rollies”, reg om van die heup te skiet. Jy mag nie skiet van agter ideologiese skuilings nie!

M.a.w. As iemand in debat of agument n punt wil maak, moet dit nie regverdig word vanuit jou geloofs posisie nie; wat dit ookal mag wees. Ons respekteer jou reg tot waaraan jy ookal wil glo. Onthou, nie almal glo in diesefde goed nie; die meeste van ons glo deesdae aan niks meer nie. Jy sal net jou naam gat maak as jy probeer.

Laastens: Daar is niks wat my meer de moer in maak as iemand my spelling korrigeer nie. Ek word die afgelope 16 jaar versmoor deur n dialek van Engels wat Benjamin Franklin meer as 200 jaar vroer begin verkrag het. Ek hoor min Afrikaans, so gee my n breek!

Toe-nou skryf vir my n nice storie!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *