DIE OORSPRONG

clic-to-gro

Sowat 31 jaar gelede, “when we were Kings and bulletproof”, koop ons n stukkie aarde reg op die mees perfekste strand op die planeet aan die Suid Punt van Afrika vir 10,000 Rand. Met die behulp van n begaafde Argitek, Alvin Haagner, ontwerp ons ʼn
kasteel, “Windsong”

                                                                                             

So groei dit uit die sand (clic-to-gro)

Dare to Dream! Dit sou ons agt jaar wat om die droom vanuit
die sand te vat na voltooiing. Ons koop toe n lang ou karavaan van ʼn
Hottie (Met respek. Ek sal ander dag oor die woord skryf. My gunsteling mense!)
in Athlone en slaan die ding op met n asbes afdak as n site kantoor terwyl die
stuktuur uit die grond groei.

Uiteinedlik Klaar (click-to-gro)

In die karavaan is daar twee slaapkamers en n badkamer met n klein badjie en n lêvetree, wat met blou kêmikel vloeistof werk. Sodat die goed wat daar ronddryf jou
nie sal aanval nie. Ons het vir twee jaar in die karavaan gebly en elke Desember
al die Familie en geliefdes uitgenooi om te kom kuier. Natuurlik was hulle
almal daar, soms sowat 26 stuks. Want ons was plesierige, jollie Boere en almal
wou altyd by ons kom speel het.

Die kêmikel lêvetree het swaar gekry om by te hou met al die gekakkery van 26 mense. So dit moes meer as eenkeer per dag skoongemaak word. En wie moes die Jobbie doen: Jan Jan die kakhuisman. Ek is grootgemaak en geleer dat as die kak in die fan is, dan haal jy dit uit. Trek aan jou wellingtons, rubber handskoene en sorteer jou kak uit. Niemand anders sal nie! Dis die Lewe! So ek het nie beswaar gehad om die jobbie te doen nie, Maar. Die 26 het anders gedink. Dit was soort van benede hulle. Nie so kras
nie. Maar dit was nie lekker nie.

Humor is die worderlikste ding in die lewe en maak so baie
berge plat; Toe komponeer ek die liedjie: “Ek’s Jan Jan die Kakhuis man. Ek dra die emmer met drolle van almal en gooi dit in die gat met chloor. Ek’s Jan Jan die kakhuisman!” (sal nie op die ander versies ingaan nie) Wanneer die gaste hoor dat ek begin om die liedjie sing spaader hulle in alle rigtings, want hulle weet wat nou gaan volg, en los my om die job klaar te maak. Later was dit genoeg om net die duintjie te fluit vir diesefde effek.

So daar het jy dit, dis waar ek my naam vandaan gekry het:
Die moraal van die storie: “Life is not perfect, full
of bumps and grinds. Whether it’s the best of times or the worst of times; It is
the only time we’ve got. So make the most out of it  even if it means shoveling shit.”

a.g.v. populêre versoeke het ek eerder my regte naam gebruik: Jannie Aaptreke

3 Responses to DIE OORSPRONG

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *